Wednesday, September 30, 2009

Alle huidige en vorige oud-en baie ou Stillies!

Het julle geweet 2010 beteken nie net Wêreldbekersokker nie, maar ook dat Hs Stilfontein 50 jaar "jonk" is?

Ons skool het sy ontstaan gehad in 1960 en aan die stuur as skoolhoof was mnr JP Malan. Die splinternuwe skoolgebou is op 10 Junie betrek deur 426 leerlinge o.l.v ?
personeel. Op 29 Oktober is die skool amptelik in gebruik geneem.

Na mnr Malan is die skool gedurende 1961 - 1969 bestuur deur mnr J J P Ackerman.
Mnr I S Cronje het as skoolhoof opgetree vanaf 1970 tot 1986 en die huidige hoof is mnr P J H Cilliers.

Bekende personeel gedurende die ontstaanjare:
Mnre Louw van Wyk, Izak Cronje, Mias Bezuidenhout, Izak van den Berg, Pieter Holtzhausen en mee. M J Brink, Meintjies en Kriek.

Ander bekende jarelange personeel::
Mnre Corrie Basson, Sarel Fourie, Christo van der Merwe, Hennie Huyser, Sarel Venter,
Piet Venter, C K van Wyk, Juts de Jager, Johan Cloete en Hennie Kotze asook mee
Rinnie van der Merwe en Maresa Holtzhausen.

Jarelange personeel tans nog by ons skool:
Me Joey Minnie, mnre Johan de Lange, Ig van Niekerk en Theo Swan.

Ons skoolwapen het sy oorsprong gehad in Job 28 en is 14 November in gebruik geneem. Die skoollied is gekomponeer deur mnr Pieter Holtzhausen gedurende die tydperk met mnr Ackerman as skoolhoof. Wie onthou nog ons skoolbus "Vaatjie: of moet ek liewer sê: hoe kan ons ou "vrinne" ooit vergeet?

Stillie-sportsterre het al op baie terreine presteer en die volgende Springbokke gelewer:
Paul du Randt, Bea Marais; stoeiers: Peet van den Berg, Loume Vermeulen, Morne Vermeulen, Dicky Viljoen en Josef Notnagel; ringtennis: Marelize Engelbrecht ( SA- kampioen ) Sumari Nagel ( 0/16 ) en Yola Prinsloo ( o/16 & o/21 ).

Atletiek: wen die Interskole byeenkoms die eerste keer in 1972
Rugby: Speel vir die Jacob Wilkens-Trofee op Olienpark en verloor 11-6 teen Potchefstroom Tegnies.
Speel ook in die semi-Finaal vir die Beeld-trofee gedurende 1998 en 1999.
Jukskei: verower verskeie kere die Administrateursbeker.
'n Span dogtersatlete besoek Belgie in 1983 o.l.v.. mnr Ig van Niekerk, mee Clanie Breytenbach en Alta Raath. Hulle eindig tweede in 'n Internasionale byeenkoms.
Netbal: verower vir die afgelope 5 jaar die kleinskole liga beker en kom 4de in die grootskole liga

4 comments:

  1. was lekker om weer die onderwysers se name te lees.Was in 1969 in matriek FRANCIE DIENAAR

    ReplyDelete
  2. Opsoek na Melinda Swart. Ek dink sy is nou skoolhoof. Weet watter skool nie, dit is in Stilfontein. Het saam op Pote studeur en het kontak verloor.

    Baie dankie
    Sandra Mulder (hulle noem my charmaine)
    Sandi Sandberg op facebook
    Cell no 0834194394
    Kantoor no 044 5333476

    ReplyDelete
  3. My naam was Elsie Smit nou Breydenbach ek was in 1983 in Hoerskool Stilfontein as jy saam my in d skool was kontak my asb op 0721502844 ek wil graag weer van julle hoor. Dankie baie

    ReplyDelete

Followers