Tuesday, March 9, 2010

HOëRSKOOL STILFONTEIN 50 JARIGE FEESVIERINGE



Soos julle reeds weet is ons besig met ons beplanning van die feesvieringe en ons wil almal graag betrek. Was of is jy tans 'n Stillie daar is iets vir ons almal.



Ons het begin met 'n Valentyns Bal op 12 Februarie 2010 vir die leerders
en dit was 'n reuse sukses.



Alle oud personeellede van die skool daar is iets vir julle ook, ons het nie van julle vergeet nie hoor.

Op 22 Mei 2010 om 18h30 vir 19h00 het ons 'n kuieraksie vir julle te Lost Treasure Centre. Die koste beloop R100-00 per persoon en dit sluit 'n drie gang maaltyd in asook lekker kuier en baie lag en ook onthou's. Daar is ook 'n kontantkroeg beskikbaar.

Alle gelde kan in die volgende rekening gedeponeer word:

Oud-Stillies

FNB

Wilkoppies

Rek nr: 62238078754

Tak kode: 250053

Verw: 22 Mei

Stuur asb bewys van inbetaling aan die skool sodat u plek bespreek kan word. Dit sal dien as bevestiging.



Alle oud leerders daar is dit nou op 18 September 2010 om 16h00 tot laat hou ons 'n heerlike bring en braai vir almal. Bring jou vrou, man en kinders en kom geniet weer al jou ou pêlle. Die braai sal plaasvind op die skool se rugbyveld. Daar sal dromme wees om in te braai, maar die wat nie te vêr bly nie bring maar jou eie braaier ook saam. Musiek sal verskaf word en daar kan lekker gedans word op die netbalbane. Kom ondersteun dit gaan nice wees. Ons versoek verskillende jaargroepe om te organiseer sodat jaargroepe bymekaar kan wees op 'n plek wat julle bepaal op die terrein. Bring jou eie dop en tjop, stoel, charcoal, braaitange ens.



Vir nog enige inligting kan u die skool skakel by 018 484 3477 Magriet sal u van die nodige inligting voorsien.





Stillie groete

Wednesday, October 7, 2009

Dag-sê alle oud-Stillies

'n Aantal oud-Stillies het met die gedagte gekom om 'n bond van oud Stillies te stig.
Die doel is om Kontak te bewerkstellig en op hoogte te wees van die wel en wee van alle lede.

A.g.v ekonomiese faktore kan Stillies nie meer die mas finansieël opkom nie en daar word 'n beroep gedoen op alle lede om indien moontlik elke maand 'n finansiële bydrae te maak aan die skool.

Die onderwys departement verskaf net die basiese onderrig fasiliteite en ons is dus aangewese op onsself vir enige ekstras.

Die geld sal aangewend word vir die aanstel van ekstra onderwysers, die
instandhouding van die terrein en die opgradering van sport fasiliteite.

Daar is reeds 'n bestuur verkies byname: Debbie van den Berg
en Petrus Johannes Francois van Zyl wat aan die stuur van
sake sal staan en ook beheer oor die finansies sal hê.

Bankbesonderhede: Naam: Oud-Stillies
Bank: FNB
Rek no: 62238078754
Tak kode: 250053

Dag-sê alle oud-Stillies

Wednesday, September 30, 2009

Alle huidige en vorige oud-en baie ou Stillies!

Het julle geweet 2010 beteken nie net Wêreldbekersokker nie, maar ook dat Hs Stilfontein 50 jaar "jonk" is?

Ons skool het sy ontstaan gehad in 1960 en aan die stuur as skoolhoof was mnr JP Malan. Die splinternuwe skoolgebou is op 10 Junie betrek deur 426 leerlinge o.l.v ?
personeel. Op 29 Oktober is die skool amptelik in gebruik geneem.

Na mnr Malan is die skool gedurende 1961 - 1969 bestuur deur mnr J J P Ackerman.
Mnr I S Cronje het as skoolhoof opgetree vanaf 1970 tot 1986 en die huidige hoof is mnr P J H Cilliers.

Bekende personeel gedurende die ontstaanjare:
Mnre Louw van Wyk, Izak Cronje, Mias Bezuidenhout, Izak van den Berg, Pieter Holtzhausen en mee. M J Brink, Meintjies en Kriek.

Ander bekende jarelange personeel::
Mnre Corrie Basson, Sarel Fourie, Christo van der Merwe, Hennie Huyser, Sarel Venter,
Piet Venter, C K van Wyk, Juts de Jager, Johan Cloete en Hennie Kotze asook mee
Rinnie van der Merwe en Maresa Holtzhausen.

Jarelange personeel tans nog by ons skool:
Me Joey Minnie, mnre Johan de Lange, Ig van Niekerk en Theo Swan.

Ons skoolwapen het sy oorsprong gehad in Job 28 en is 14 November in gebruik geneem. Die skoollied is gekomponeer deur mnr Pieter Holtzhausen gedurende die tydperk met mnr Ackerman as skoolhoof. Wie onthou nog ons skoolbus "Vaatjie: of moet ek liewer sê: hoe kan ons ou "vrinne" ooit vergeet?

Stillie-sportsterre het al op baie terreine presteer en die volgende Springbokke gelewer:
Paul du Randt, Bea Marais; stoeiers: Peet van den Berg, Loume Vermeulen, Morne Vermeulen, Dicky Viljoen en Josef Notnagel; ringtennis: Marelize Engelbrecht ( SA- kampioen ) Sumari Nagel ( 0/16 ) en Yola Prinsloo ( o/16 & o/21 ).

Atletiek: wen die Interskole byeenkoms die eerste keer in 1972
Rugby: Speel vir die Jacob Wilkens-Trofee op Olienpark en verloor 11-6 teen Potchefstroom Tegnies.
Speel ook in die semi-Finaal vir die Beeld-trofee gedurende 1998 en 1999.
Jukskei: verower verskeie kere die Administrateursbeker.
'n Span dogtersatlete besoek Belgie in 1983 o.l.v.. mnr Ig van Niekerk, mee Clanie Breytenbach en Alta Raath. Hulle eindig tweede in 'n Internasionale byeenkoms.
Netbal: verower vir die afgelope 5 jaar die kleinskole liga beker en kom 4de in die grootskole liga

Followers